Gemeente Aktiwiteite
Huidge en Opkomde Aktiwiteite
Maandag
Hou Dop
Dinsdag
Saldanha Bybelstudie om 6:15 vm
Woensdag
Vrouebybelstudie:
oggende om 10vm
Mannebediening:
10 vm
Donderdag
Vrydag
Gemeente gebedsgroep om 6:30.
Saterdag
Hou Dop
Sondag
Erediens
9vm in die somer
10vm in wintermaande
Wie is Weskus Woord?
Johannes 3:16: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Weskus Woord Gemeente is in Desember 2022 gevestig in Jacbosbaai aan die Weskus van Suid Afrika. Jacobsbaai is geleë tussen Saldanha en Vredenburg. Dit is ’n klein dorpie wat nog meestal uit grond strate bestaan. Die dorp is egter vinnig besig om te ontwikkel en is daar nog weinig erwe beskikbaar. Daar is sowat 500 huise in Jacobsbaai waarvan die meeste inwoners afgetredenes is. Sowat 60% van die huise word voltyds bewoon terwyl die res hoofsaaklik vakansie huisvesting is.
In 2021 reis Ds Gielie Joubert en sy vrou, Kotie, deur die Weskus en doen aan in Jacobsbaai. Hulle raak verlief op die omgewing en verhuis aan die einde van 2022 vanaf Mosselbaai hierheen. Ds Gielie ervaar dat God hom lei om die eerste Kersdiens in Desember 2022 in Jacobsbaai aan te bied en so word Weskus Woord gemeente gestig. Die Heilige Gees voeg spoedig andere by die gemeente en gou word daar na ‘n groter lokaal verhuis.
In hierdie eerste jaar van die gemeente se bestaan word verskeie projekte van stapel gestuur. Jonathan en Jackie Fourie is die gemeente se eerste dopelinge, n rekord 1793 pannekoeke word in Junie 2023 gebak en in die gemeenskap gratis versprei. ’n Vakansieprogram word aangebied in Desember 2023, en Lofprysingsaande word sedert Februarie 2024 gehou.
In Januarie 2024 word die eerste Dagbestuur gevestig en is daar weeklikse vroue Bybelstudies en manne byeekomste. Die grootste geleentheid in die gemeente is egter die Sondag eredienste. Sowat 40 lidmate woon die dienste getrou by.
Weskus Woord Woordverkondiging
Die kern van Weskus Woord se is die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus. Sondag oggend dienste word hoofsaaklik gelei deur Ds Gielie Joubert en mede leraar Nico Greyling.
Kliek op hierdie skakels om na van die klankopnames van dienste te luister:
ManneBediening
Die manne in die gemeente kom weekliks bymekaar, daar word koffie gedrink en uit die bybel gedeel.
’n Uitreik projek van die Mannebediening is die “LIEFDE-IN-AKSIE” take wat in die Jacobsbaai gemeenskap verrig word. Daar word deur hierdie span uitgereik na inwoners om te help met take wat soms vir die ouer en swakker persone moeilik is om, in en om die huis, te verrig. Een so n geval was tannie Betsie:
Tannie Betsie was bedlêend. Die span het te hore gekom dat haar dogter hulp nodig het om tannie Betsie se nuwe Hospice-bed in die huis te kry, en om haar versigtig oor te dra. Die manne het die werk gaan doen en kon saam met tannie Betsie bid.
Die manne reik ook uit na die gemeenskap deur middel van ontbytgeleenthede wat kwartaalliks gehou word. Daar is ook hierdie jaar in Augustus saamgetrek by Mighty Men Western Cape naby Arniston. Die manne beplan in Februarie 2025 hul eie kamp in die Koue Bokkeveld, ter voorbereiding van Mighty Men Western Cape 2025.
Vroue Aksie
Woensdag oggende het die vroue'n spesiale tyd saam voor die Here. Hier word ge-koek en ge-tee, maar veral gebid en geleer. ’n Onlangse hoogtepunt was die vroue-ontbyt op 9 Augustus 2024. Die Christen vrou se plek in die hendendaagse tyd is bespreek.
Weskus Produktemark
In Januarie 2024 loods Weskus Woord hul vars produktemark onder leiding van Sakkie du Toit. Produkte word van boere verkry en direk aan die gemeenskap van Jacobsbaai beskikbaar gestel. Die doel van die projek is om die gemeenskap te bereik. Vars produkte word teen uitstekende pryse gelewer. Dit dien ook as 'n platform om inwoners te leer ken en om hul geestelik te bereik en by te staan waar die geleentheid hom voordoen.
Ons Unieke Omgewing
Omgewing
Jacobsbaai: Enig in sy soort
Die Weskus is uniek – enig in sy soort. Die see, blomme, koringlande, fynbos en staproetes is van die oordaad wat Jacobsbaai jou bied. Hier beleef jy die mooiste somersdae, met sonsondergange wat jou asem wegslaan. Al is die seewater hier ekstra koud, is dit juis hierdie waters wat die dolfyne lok en die snoek laat loop. Hou jou oë gefokus op die water en jy mag dalk net die walvisse raaksien wat ons jaarliks verras met hulle teenwoordigheid.
Jacobsbaai het langs vyf baaie ontwikkel: Jacobsbaai is die hoofbaai, met ’n klein strandjie, waar gesinne en vissermanne uitspan. Kom stap ver ente langs Hospitaalbaai op pad na Gonnemanskraal. Kom vang vis op die ‘platklip’ naby Bamboesbaai, haal kreef uit in Kwaaibaai of Moerie-se-baai, of drink net die skoonheid van Smalbaai in. As jy meer avontuurlustig voel, kom tem die rowwe branders met jou plank by Kwaaibaai.
September is blommetyd aan die Weskus – en nêrens sal jy mooier kry as net hier in Jacobsbaai nie. Zubelon Ricardo beskryf blommetyd as ’n kaleidoskoop van kleure en asof ‘God se blompot hier uitgegiet is’. Kom kyk vir jouself of dit waar is – ons gastehuise en restaurante sal in elke behoefte van jou voorsien. Moenie die geleentheid om een van die belangrikste biosfere in die wêreld te besoek, misloop nie. Dit behoort op elke natuurliefhebber se emmer-skop-lys te wees.
Kontak Ons
Kontak nommer: Ds Gielie Joubert
Produktemark: Almarie le Roux
E-pos Adres
E-pos: info@weskuswoord.co.za
Adres
Fijnedraai, 24 Mauritz WEG, Jacobsbaai




























































